Woord: malvapoeding

Malvapoeding (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Woord:
malvapoeding

Betekenis:
Gebakte soetpoeding met ʼn sponserige tekstuur wat gewoonlik appelkooskonfyt en asyn bevat. ʼn Room-botter-vanieljesous word bo-oor gegiet terwyl die poeding nog warm is.

Waar kom dit vandaan?
Die Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) verduidelik dat malvapoeding ʼn samestelling van “malva” en “poeding” is. “Malva” is ʼn verkorting van malvesy (malvasia), “wat verwys na die sous van malvesywyn wat vroeër saam met die poeding opgedien is”.

Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA), Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.