Woord: marathon

Argieffoto (Foto: RyanMcGuire, Pixabay)

Woord:
marathon

Betekenis:
langafstandresies van 42,195 km; ook, langdurende taak of handeling

Waar kom dit vandaan?
Genoem na die plek Marathon in Griekeland waar die Atheners die Perse in 490 v.C. verslaan het. Volgens oorlewering het ʼn boodskapper ongeveer dié afstand van die slagveld na Athene gehardloop met die nuus van die oorwinning, en by sy aankoms neergeval en gesterf.

Die marathon is met die Olimpiese Spele van 1896 ingestel; die gestandaardiseerde afstand van vandag dateer van 1924 af.

Tot sover die romantiese weergawe. Die oorspronklike weergawe van die Griekse geskiedskrywer, Herodotus, vertel van die boodskapper, Pheidippides, wat 240 km van Athene na Sparta toe gehardloop het – maar voor die slag en om hulp te gaan soek.

Oorspronklik gepubliseer in Anton F. Prinsloo se Die aap in jou koffie
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R200,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.