Woord: margarien

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
margarien

Betekenis:
Kunsbotter van plantstowwe gemaak

Waar kom dit vandaan?
Die oorlewering dat Kleopatra haar duur pêrels in wyn opgelos het om haar liefde vir haar Romeinse minnaar, Markus Antonius, te bewys, word moeilik deur ernstige navorsers gesluk.

Tog sluk miljoene mense daagliks pêrels op hulle toebroodjies in: Grieks margarites het letterlik “pêrelagtig” beteken. Die kunsbotter is toe so genoem na aanleiding van die glans van die kristalle daarin wat aan dié van pêrels herinner het.

Dié interessante brokkie is in Anton F. Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die kers – skelm woorde deur die eeue gepubliseer.
Uitgewers: Pharos
Prys: R250-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.