Woord:
minsaam
Betekenis:
Vriendelik/beminlik in die omgang; innemend; welwillend: ’n minsame geaardheid • iemand minsaam ontvang • minsaam saam lewe.
As byvoeglike naamwoord: minsame; minsamer, minsaamste. Wat beminlik, innemend, vriendelik of aangenaam is; sin. minlik: ‘n Minsame mens. Minsame omgang.≈ Langenhoven was nooit kwaad nie, inteendeel, hy het ‘n baie minsame persoonlikheid gehad (I.W. v. Tonder in J.P. Scannell: Keeromstr. 1965, 113). Dink jy nie dat die minsame oomblikkies, die persoonlike gesprekkies … ook van belang is nie? (E. Leroux: Silbersteins, 1962, 41). Die mense is hier nie minsamer as daar, gewis / nie toleranter (E. Eybers: Dryfsand, 1985, 28). Hulle vurige liefde het mettertyd in ‘n soliede gehegtheid oorgeslaan: minsaam, maar verbeeldingloos (Huisg., 11 Jan. 1963, 53).
As bywoord: Louis glimlag en stap na Sharon wat na die vuur staan en kyk en trek haar minsaam terug. “Nie te naby nie, anders doen jy ‘n verkoue op …” (Sarie, 2 Sept. 1964, 49). Daar (sal) nie ‘n man … wees wat … as hy weet hoe om wyslik en minsaam te werk te gaan, op die einde nie alles … sal verkry van wat hy vra nie (A.A.F. Teurlinckx, vert.: Renaissance, 1967, 73).
Vergelyk ook:
minlik(verouderend)
aanvallig; lieflik; vriendelik; beminlik: haar minlike gelaat • jou minlik gedra • Hulle behandel hulle dogter minlik.