Woord: moedertaal

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Woord:
moedertaal

Betekenis:
1
Taal wat eerste aangeleer word, gew. hfs. deur die toedoen v.d. moeder, of taal wat die meeste i.d. huis gebruik word, waarmee iem. die beste kan identifiseer of wat iem. die beste ken: Hoe tweetalig of drietalig of tientalig ʼn mens ook al mag wees, hy het altyd maar een taal wat werklik sy eie is, sy moedertaal (D.F. Malan in S.W. Pienaar: Volk, 1964, 248).
2 Taal waaruit ander tale ontstaan het: Die Indo-Europese moedertaal (wat self moontlik geen eenheid meer was nie) (het) hom verdeel in ʼn aantal dialekte soos Germaans, Latyn, Kelties, Indo-Germaans en dies meer (F.F. Odendal: Aspekte, s.j., 29).

Hierdie interessante brokkie verskyn in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ʼn Woord-projek.

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.