Woord: mombakkies

maskersWoord:
mombakkies (selde ook mombakkie)

Betekenis:
1. Masker in die vorm van ‘n snaakse of skrikwekkende gesig.
2. Gesigsuitdrukking, optrede of houding wat ware emosie verberg.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands mombakkes, ‘n samestelling van mom “masker, gemaskerde” en bakkes“gesig”.
Vanuit Afrikaans in S.A. Eng. in die vormmombakjes (1913).
bakkies s.nw. (geselstaal) Gesig.
Uit Nederlands bakkes (1617) “gesig”, moontlik ‘n afleiding met -s van bakke “wang”.

Bron: Woordeboek van die Afrikaanse Taal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.