Woord: motto

Argieffoto (Foto: RyanMcGuire, Pixabay)

Woord:
motto

Betekenis:
leuse

Waar kom dit vandaan?
Daar was tye in die geskiedenis wat dit gevaarlik was om jou leuse te bekend te laat word, byvoorbeeld om tydens die historiese stemreg-vroue se veldtogte ʼn vaandel met jou familiewapen te dra waarop staan: Vrouens hoort in die kombuis. Nog erger was om dié leuse hardop te sê en daarom het die Italianers die woord geskep uit Latyn muttire “mompel, brom” – ʼn veilige opsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.