Woord:
murmel
Betekenis:
1 Aanhoudend ʼn sagte, ruisende geluid maak as gevolg van ʼn kabbelende beweging: ʼn Rivier, spruit murmel. ʼn Murmelende stroompie. ≈ Tussen die jong akkerboompies murmel ʼn riviertjie wat sy oorsprong in die blou Hottentots-Hollandberge het (K. Kielblock: Vreemdeling2, 1939, 5). Die water bruis of murmel, al na gelang die wind van rigting verander (F. Steyn in R.B. de Villiers: My Land, 1950, 30).
2 Sag en ruisend sê of praat: Tilde murmel die naam liefkosend en prewel skamerig agterna: “Sy is so lief… so goed” (S. Roux: Gras3, 1947, 33). “Wat wil die vadertjie hê ek moet die Here vra?… Iets moet daar tog wees,” het die dominee deemoedig gemurmel (A.M. Louw: Perdepoort, 1975, 6).
Bron: Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)
- Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red