Woord: negosiewinkel

(Argieffoto: Unsplash)

Woord:
negosiewinkel

Betekenis:
Winkel van ’n algemene handelaar.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands negotiewinkel, ʼn samestelling van negosie en winkel. Eerste optekening in Afrikaans by Changuion (1844) in die vorm negotie-winkel.

negosie s.nw. (verouderend)
Handelsware.
Uit Nederlands negotie (1657). Die oudste betekenis van negotie is in 1520 opgeteken as “handel”, tans ʼn verouderde woord in Nederlands, waaruit die huidige betekenis ontstaan het.
Die Nederlandse negotie is in Frans négoce wat dieselfde betekenis het. In Engels is dit negotiate wat “(onder)handel” beteken.

Verwante woorde: afdelingswinkel, basaar, koöperasie, snuisterywinkel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Alet ·

Mt ma het altyd vir my gesê my kamer lyk soos ‘n negosiewinkel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.