Woord: noen

Argieffoto (Foto; Alexas_Fotos, Pixabay)

Woord:
noen

Betekenis:
twaalfuur die middag

Waar kom dit vandaan?
Ha, hoe sou die Romeine vir ons gelag het! Die woord se oorsprong is nona hora “negende uur” (ná sonop vir die Romeine). Vir hulle het die dag sesuur die oggend begin, sodat noen drie-uur die middag was (15:00).

Dit was gewoonlik die warmste tyd van die dag en die meeste werkers sou dan hulle sware stampers neersit en middagete nuttig. Die betekenis van nie net die woord noen is skeefgetrek nie, maar ook sommer van noenmaal wat drie-uur die middag geëet behoort te word.

Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek by Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.