Woord: Nuwejaarsvoorneme

Argieffoto (Foto: Pexels/Pixabay)

Woord:
Nuwejaarsvoorneme (dikwels in die meervoud Nuwejaarsvoornemens)

Betekenis:
Goeie voorneme, gewoonlik aan die einde van ‘n jaar gemaak, waarmee iemand besluit om in die nuwe jaar byvoorbeeld sekere slegte gewoontes af te sweer of sekere positiewe dinge te doen: Dit is … my nuwejaarsvoorneme om … verdraagsaam te bly (Dawie in L. Louw: Dawie, 1965, 206). Nuwejaarsvoornemens? Nie vir my nie, hoor. Ek is tog die hele jaar besig om voornemens te maak (Boerdery Suid-Afrika, Januarie 1970, 46).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.