Woord: omgord

Argieffoto (Foto: 3dman_eu/Pixabay)

Woord:
omgord

Betekenis:
1
omgord ww. [het omgord(deftig)
ʼn gordel om die/jou middel bind: Die gespes klik-klik soos die passasiers in die vliegtuig hulle omgord.

2 omgord ww. [het omgegord(weinig gebruiklik, verouderd)
om die heupe/middel vasbind: Sy het die band omgegord.

Uitdrukkings:
jou lendene omgord
jou vir iets gereedmaak/toerus.
jou met mag omgord
sorg dat jy mag verkry.
iemand met iets omgord
iets aan iemand toestaan/toevertrou; iemand met iets beklee: ◊ Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord (Ef. 6:14).

Bronne: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (6de uitgawe) (HAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.