Woord: ongebreideld

Argieffoto (Foto: 2Photo Pots/Unsplash)

Woord:
ongebreideld

Betekenis:
1 Onbeteueld: Ongebreidelde ambisie, bevolkingsaanwas, drifte, fantasieë, gedrag, geesdrif, krag, mag. Haar ongebreidelde emosie, gasvryheid, skaterlag, verbeeldingskrag, woede. Ongebreidelde prysmededinging, stedelike groei. ʼn Ongebreidelde strewe na vooruitgang. Die ongebreidelde geloof in die almag van die wetenskap. ≈ Haar gevoel vir hom is primitief — daarom soms heeltemal ongebreideld — soos daardie aand toe hulle alleen op die plaas was (W.A. de Klerk: Komedie, 1955, 163).  Die… opmerking dat staatsamptenare oor ongebreidelde gesag beskik… strook nie met die werklikheid nie (Publico, Mrt. 1982, 10).  Die ongebreidelde taal… van sommiges wil ons nie herhaal nie maar… hulle (dien) geen goeie saak daarmee… nie (Onderwysbl., Jul. 1973, 12).
2 Enigsins losbandig: ʼn Ongebreidelde gefuif, leefwyse. Ongebreidelde gedrag.

Bron: Woordeboek van die Afrikaanse Taal  

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.