Woord: opslagsomer

Argieffoto (www.zastavki.com)

Argieffoto (www.zastavki.com)

Woord:
opslagsomer

Betekenis:
Enkele (onverwagte) warm dae in die herfs of in die winter

Waar kom dit vandaan?
Dr. Anton Prinsloo skryf in sy boek, Sleng: woorde, uitdrukkings en hul herkoms: ‘n Opslag is plantegroei wat natuurlik opkom (dit wil sê sonder dat daar gesaai of geplant is), veral kort nadat dit gereën het, en dan gou weer verdwyn. In hierdie opsig is die opslagsomer ‘n kortstondige tydperk van warm weer wanneer koue verwag word.

Hierby sluit ook aan die Engelse uitdrukking St. Martin’s summer wat niks anders as ‘n opslagsomer is nie. St. Martin suggereer iets goedkoops of vals, aangesien handelaars met goedkoop juweliersware hulle ware te koop aangebied het op die terrein van die Londense kerk van St. Martin-de-Grand nadat dit in die 16de eeu vernietig is. St. Martinsdag is 11 November wat dikwels so ‘n warm nasomertjie in Europa oplewer.

Woord:
nasomer

Betekenis:
Laaste gedeelte van die somer: Hier van die ryp jou sommer gou-gou in die nasomer (Boerneef)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.