Woord: pag

(Argieffoto: pixabay)

Woord:
pag

Betekenis:
1
 a Huurkontrak wat ʼn verpagter met ʼn pagter aangaan waarvolgens eg. se onroerende eiendom, veral grond, vir die betaling van ʼn bep. jaarlikse bedrag aan paggeld of ʼn deel v.d. opbrengs deur lg. kommersieel gebruik kan word: Die meeste boere (het) grond in leen of in pag van ‘n landheer besit (G.S. Nienaber in J.A. Heese, e.a.: Families, 1975, 177). • Hulle (het) op grond gaan boer waaroor hulle ʼn pag vir 99 jaar gehou het… Net ʼn paar maande voor Brittanje… vryheid… vir Kenia beloof het, is al die manne met pagte se ooreenkomste verander (Huisg., 1 Mrt. 1963, 9).
b Eiendom wat onderworpe is a.d. voorwaardes van ʼn pag: Die plaas (was) ʼn pag vir haar vier seuns uit haar huwelik met B.R… Sy moes jaarliks ʼn tiende van die opbrengs van die plaas aan die Kompanjie afstaan (Huisg., 9 Jun. 1972, 46).
2 Paggeld: Die betaling vir die reg om die nettoproduk van grond te ontgin,… word… pag genoem (J.A. Lombard in C.G.W. Schumann, e.a.: Ekon., s.j., 372). • Die pag en belasting op die goud- en ander myne… kan op die middeltermyn aan sterk skommelinge onderwerp wees (Tegniek, Des. 1983, 36)..

Hierdie interessante brokkie verskyn in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT). Ondersteun gerus hulle Borg ʼn Woord-projek.

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.