Woord:
pakkasie
Betekenis:
1 Alles wat ʼn reisiger saamneem, bagasie
2 Spul, groep
Waar kom dit vandaan?
Uit die verouderde Nederlandse wisselvorm pakkagie (1624), naas pakkage. Of Scholtz (1972: 154) se aanhaling uit 1773, “die Botaas pakasie staan ook voor schelmen te boek”, op betekenis 1 of betekenis 2 betrekking het, is onduidelik. Eerste optekening in Afrikaans in beide betekenisse by Mansvelt (1884).
OOK:
Pakkaas
klomp goed saam, byvoorbeeld bagasie; spul; kaboedel; tros: Hier kom ou Koos met sy hele pakkaas! • Jy kan nie met daardie hele pakkaas by my intrek nie.
Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)
- Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red