Woord: pamperlang

Argieffoto (Foto: cjhartz169/Pixabay)

Woord:
pamperlang

Betekenis:
Met buitengewone bedagsaamheid behandel, veral om voordeel te trek.

Waar kom dit vandaan
Herkoms onseker. Die vroegste afleiding is deur Pettman (1913: 362) wat die woord aflei van Maleis pambujukan “vleiery”. Ook Malherbe (s.j.: 287) gee ʼn Maleise afleiding, naamlik paparan “opheldering, uitlegging”. Teen al die Maleise afleidings kan óf semantiese óf fonetiese besware ingebring word. Franken soek verband met gewestelike Ndederlands, en wel met W. Vlaams paplammeren “koester soos ʼn paplam (=hanslam), aanmoedig”. Die genasaleerde vorm kry ons in gewestelike pamperen “koester, teer versorg” (WNT). Franken sien die ontwikkeling in pamperlang soos volg: W.Vlaams pap word pamp word pamper, plus lammeren word lam word lang, laasgenoemde as gevolg van nasalering. Soos Boshoff – Nienaber (1967: 479) opmerk, is so ʼn afleiding te gedwonge. Boshoff – Nienaber (1967) dink aan kontaminasie van O.Fries pampeln “klets” en (an)langen “aankom”, letterlik “met kletspraatjies aankom”. Die nie-optekening in ou Kaapse bronne maak sowel Maleis as gewestelike Nederlands herkoms onseker. Tot óf ʼn aanneemlike Maleise herkomswoord óf ‘n aanneemlike gewestelike Ndl. vorm opgeteken is, bly die etimologie van pamperlang onseker.

Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Oom ·

Kan iemand asseblief die joernaliste help. Daar is nie ‘n woord soos “wettiglik” nie. Dit is “wettig” of “wetlik”. Iemand wat “wettig” getroud is, het as sodanig ‘n “wetlike” aanspraak op die helfte van die goed versamel tydens die huwelik. “Wettig” = gedoen in gevolge van ‘n bepaalde wet. “Wetlik” = volgens die bepalings van ‘n betrokke wet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.