Woord:
Paniek
Betekenis:
paniek s.nw.
Hewige skrik of vrees, dikw. met irrasionele gedrag as gevolg; sin. paniekerigheid:
Ndl. paniek uit Fr. panique uit Grieks panikos, ‘n afleiding van Pan, die bos- en herdersgod met ‘n menslike bolyf en kop, die bene van ‘n bok en met horings en ore soos dié van ‘n bok, wat dikw. op onverwagte wyse verskyn en mense laat skrik: By ‘n wedstryd tussen Pan en Apollo het koning Midas die voorkeur aan Pan gegee; toe het Apollo boos geword en vir hom eselore gegee (P. v. Braam: Mietes, 1925, 122).
Bron: Woordeboek van die Afrikaanse Taal