Woord: paniekkopery

Argieffoto (Foto: Alexas Fotos/Pixabay)

Woord:
paniekkopery

Betekenis:
Grootskaalse aankoop van produkte of goedere, dikwels kruideniersware, vanweë die oortuiging of vrees dat ’n bepaalde gebeurtenis of toestand tot tekorte sal lei: Verskeie dorpe in die (malaria) geteisterde dele is sonder kinapille as gevolg van “paniekkopery” deur die inwoners en toeriste (Transvaler, 13 April 1972, 3).  Pres. Truman se tirade teen oppotters en paniekkopery het slegs daartoe bygedra om die openbare mening te sterk dat hulle moet voorbereid wees vir alle moontlikhede (Vaderland, 22 Julie 1950, 2).  Een wolkenner het die toestand as “paniekkopery” bestempel. Pryse is nou sowat 85 persent hoër as waarmee die huidige verkoopseisoen … begin het (Oosterlig, 11 Januarie 1973, 1).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.