Woord: papelellekoors

Argieffoto (Foto: nastya_gepp/Pixabay)

Woord:
papelellekoors

Betekenis:
1
Denkbeeldige siekte; skynsiekte; ʼn geveinsde siekte of ongesteldheid: Maak dat jy dadelik opstaan. Jou siekte is skoon papelellekoors en luisiekte (J.M. Friedenthal: Uilskuiken, 1936, 181).
2 Ontsteltenis, woede of vrees: Josephine het gehardloop om tant Meraai te gaan roep, al was ons so bang vir haar dat ons die papelellekoors gekry het as sy dit naby ons waag (Huisgenoot, 5 Jul. 1990, 42).

Waar kom dit vandaan?
Moontlik ʼn samestelling van miskien verouderde Nederlands papelarden “’huigelary” en koors.

Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en Woordeboek van die Afrikaanse Taal

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. -Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Petra

lol, ek ken BAIE mense wat hieraan ly ! :-))

Strandloper

Dankie vir die mooi woord dit vat mens terug na kleintyd en jou Moederliefde

Blits

Ek dog dis papparellekoors. My tong soek die r