Woord:
parfuum
Betekenis:
reukwater
Waar kom dit vandaan?
Dié aangename vloeistof het in stinkende omstandighede sy begin gehad. Die eerste parfuums is by offerandes gebruik om die onaangename geur van de brandende vleis teen te werk. Die betekenis was eenvoudig “van rook” omdat aromatiese hout en gom verbrand is wat bolle rook afgegee het (van Latyn fumare “rook”, vergelyk Engels “fume”).
U inligting is nie volledig korrek nie. Die woord parfuum is n samestelling. Par is in moderne Afrikaans ‘vir’ of ‘voor’. Fuum = geur. Dit het betrekking op die pre-christelike Geuroffers en Reukoffers bekend onder ons Germaanse voorouers. Een van hierdie offers is vandag steeds bekend, naamlik: Wierook. Wierook is dan afgelei van Wyrook (gewyde rook, of heilige rook)!