Woord:
pawiljoen
Betekenis:
gebou met sitplek vir toeskouers
Waar kom dit vandaan?
Die Romeine het die vroegste pawiljoen papilionem genoem, wat ʼn tent was. Die beskrywing was nie te gek om los te loop nie, want ʼn mens kon in ʼn tent skuil. Die Romeine se woord het egter letterlik “vlinder” beteken, vanweë die vroeë pawiljoene se dakke wat van die middel na buite groter en hoër geword het, soos iets wat wou vlieg.
Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek: Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering