Woord:
pluimpie (Iemand ‘n pluimpie gee)
Betekenis:
Iemand prys vir sy goeie werk; iemand komplimenteer
Waar kom dit vandaan?
Pluimpie in hierdie sin is ‘n veer; dus iemand ‘n veer in die hoed steek. Dit is ‘n verwysing na ‘n ou gewoonte in Asië, van die Amerindiane en ander volke deur die eeue om ‘n nuwe veer in hulle kopbedekking te steek vir elke vyand wat gedood is. In Skotland en Wallis kry die jagter wat die eerste houtsnip skiet die eer om ‘n veer van die voël in sy hoedband te dra.