Die Afrikaanse Taalkommissie het “podsend” as die korrekte Afrikaanse vertaling aanvaar vir “podcast”.
Só skryf die Afrikaanse Taalkommissie op sy Facebook-blad: Die korrekte Afrikaanse vertaling van “podcast” is “podsend”, aangesien “podcast” oorspronklik (in Engels) afgelei is van “iPod” en “send” ‘n aanvaarde Afrikaanse woorddeel is (sien byvoorbeeld “versend”, “beeldsend”, “radio-uitsending”, “kortgolfsender”, “omsendbrief” en “sendeling”). Die meervoud van “podsend” is “podsendings” en iemand wat ‘n “podsend” stuur, is ‘n “podsender” (met die meervoud “podsenders”). “Podsend” is eintlik ‘n inkorting van “podsending” en daarom is “podsend” en “podsending” as wisselvorme opgeneem (met die meervoud “podsendings”).
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
Nee wat, “podsend” klink te sleg, selfs slegter as RSG se “potgooi”. Ek het eers gedink “podsend” is “polsend” verkeerd gespel.
Ek gebruik tans “klankopname”, totdat iemand met iets beters kom, beter as bv “app” (“ep”) ipv “toep(assing)” vir “application”.
Jammer maar mens sukkel om ordentlik te bly, is die “Afrikaanse Taalkommissie” deur Britte bedryf of is dit plaaslike mense?
As die woord “taal” in die beskrywing voorkom behoort enige persoon tog aan te neem dat dit Afrikaans sal wees. Die “send” gedeelte gooi my so bietjie? sou dit “sendeling” “uitsending” probeer volg? Dan sou “pod” (wat hulsel/dop beteken) eerder uitkom op “dopsending”
Hanno, dis “klankopname”
Hoekom altyd ‘n naam vir ‘n ding gaan staan en probeer verander? Die internet en al die rand tegnologieë het hul oorsprong in Engels gehad. Noem hom soos honderde miljoene mense regoor die aarde hom noem, dis sy naam. Bv. PC, nie PR nie. Email, nie vonkpos nie. Daar is legio voorbeelde. Die doel van ‘n taal is tog uiteindelik om ‘n begrip of ‘n boodskap suksesvol aan die luisteraar oor te dra. Noem ‘n ding soos hy bekend is.