Woord: podsend

Foto: soundscapemusictherapy.com

Foto: soundscapemusictherapy.com

Die Afrikaanse Taalkommissie het “podsend” as die korrekte Afrikaanse vertaling aanvaar vir “podcast”.

Só skryf die Afrikaanse Taalkommissie op sy Facebook-blad: Die korrekte Afrikaanse vertaling van “podcast” is “podsend”, aangesien “podcast” oorspronklik (in Engels) afgelei is van “iPod” en “send” ‘n aanvaarde Afrikaanse woorddeel is (sien byvoorbeeld “versend”, “beeldsend”, “radio-uitsending”, “kortgolfsender”, “omsendbrief” en “sendeling”). Die meervoud van “podsend” is “podsendings” en iemand wat ‘n “podsend” stuur, is ‘n “podsender” (met die meervoud “podsenders”). “Podsend” is eintlik ‘n inkorting van “podsending” en daarom is “podsend” en “podsending” as wisselvorme opgeneem (met die meervoud “podsendings”).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hanno Visagie ·

Nee wat, “podsend” klink te sleg, selfs slegter as RSG se “potgooi”. Ek het eers gedink “podsend” is “polsend” verkeerd gespel.
Ek gebruik tans “klankopname”, totdat iemand met iets beters kom, beter as bv “app” (“ep”) ipv “toep(assing)” vir “application”.

Joe64 ·

Jammer maar mens sukkel om ordentlik te bly, is die “Afrikaanse Taalkommissie” deur Britte bedryf of is dit plaaslike mense?
As die woord “taal” in die beskrywing voorkom behoort enige persoon tog aan te neem dat dit Afrikaans sal wees. Die “send” gedeelte gooi my so bietjie? sou dit “sendeling” “uitsending” probeer volg? Dan sou “pod” (wat hulsel/dop beteken) eerder uitkom op “dopsending”
Hanno, dis “klankopname”

Paplepel ·

Hoekom altyd ‘n naam vir ‘n ding gaan staan en probeer verander? Die internet en al die rand tegnologieë het hul oorsprong in Engels gehad. Noem hom soos honderde miljoene mense regoor die aarde hom noem, dis sy naam. Bv. PC, nie PR nie. Email, nie vonkpos nie. Daar is legio voorbeelde. Die doel van ‘n taal is tog uiteindelik om ‘n begrip of ‘n boodskap suksesvol aan die luisteraar oor te dra. Noem ‘n ding soos hy bekend is.

Hanno Visagie ·

So, jy is ‘n voorstander van ‘n Fanagalo of Kreoolse smeltkroestaal. Daar is mos, behalwe op die SA myne, ook in Europa so ‘n mengtaal wat maar min aftrek kry. O ja, daar is mos in die townships Tsotsitaal ook. En natuurlik Kaaps, met hoofsaaklik Engelse naam– en werkwoorde en slegs Afrikaanse voegwoorde…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.