Woord: positief

Argieffoto (Foto: PublicDomain, Pixabay)

Argieffoto (Foto: PublicDomain, Pixabay)

Iemand word vir verbode middels getoets, en die uitslag is positief (of negatief). Positief word soms onnodig en verkeerdelik saam met die volgende gebruik:

antwoord bevestigend
benadering beslis, vasbeslote; aanvaarbaar
bewys afdoende, genoegsaam
boodskap bemoedigend, vol hoop
ervaring aangenaam, goed
faktor bydraend, gunstig, ondersteunend, voordelig
gebaar mooi pragtig, vriendelik
gesindheid goed
gesprek leersaam, nuttig, opbouend
gevoel seker, gelukkig, tevrede
handeling bevorderlik
houding goedkeurend (bv. goedkeurend staan teenoor veranerings); beslis, vasbeslote; aanvaarbaar
indruk goed
mens blymoedig, lewenslustig, opgewek, optimisties
optrede bevorderlik; daadwerklik, beslis, vasbeslote; aanvaarbaar
publisiteit goed, gunstig
stap voorwaarts
toekoms (veel)belowend, goed, rooskleurig
uitspraak optimisties, vol hoop
uitwerking voordelig
vooruitsig (veel)belowend, goed, rooskleurig

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R350-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.