Woord: pril

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Woord:
pril

Betekenis:
in die beginstadium; eerste; vroeg: • Dié sakmes uit ʼn prille tyd / moes toue, sweepstok, biltong / hanteerbaarder vir handjies maak (Ernst van Heerden). • Prille / verlore-gewaande, weer-herstelde lente (Peter Blum). • Die pril dink (N.P. van Wyk Louw).

Waar kom dit vandaan?
Uit die Nederlandse pril (1599) wat “bekoorlik, teer, fris” beteken. Die huidige betekenis word sedert 1779 gebruik, en die uitdrukking de prille jeugd sedert 1862. Pril is in oorsprong uitsluitend ʼn Nederlandse woord. Oor die oorsprong bestaan onsekerheid. Miskien hou dit verband met Middelnederduits pral wat “mooi” beteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.