Woord:
pril
Betekenis:
in die beginstadium; eerste; vroeg: • Dié sakmes uit ʼn prille tyd / moes toue, sweepstok, biltong / hanteerbaarder vir handjies maak (Ernst van Heerden). • Prille / verlore-gewaande, weer-herstelde lente (Peter Blum). • Die pril dink (N.P. van Wyk Louw).
Waar kom dit vandaan?
Uit die Nederlandse pril (1599) wat “bekoorlik, teer, fris” beteken. Die huidige betekenis word sedert 1779 gebruik, en die uitdrukking de prille jeugd sedert 1862. Pril is in oorsprong uitsluitend ʼn Nederlandse woord. Oor die oorsprong bestaan onsekerheid. Miskien hou dit verband met Middelnederduits pral wat “mooi” beteken.