Woord:
protea
Betekenis:
plant, struik of kleinerige boompie elk met sy eie blomvorme; ook, die nasionale blom van Suid-Afrika
Waar kom dit vandaan?
Genoem na Proteus, die Grieks mitologiese ou profeet van die see en herder van skole vis. Hy was ondergeskik aan die seegod Poseidon en het óf op die eiland Pharos naby die monding van die Nyl, óf op Karpathos tussen Kreta en Rhodos gewoon.
Hy het alles geweet van die verlede, die hede en die toekoms maar wou nie graag daaroor praat nie. Om hom te raadpleeg, moes hy gedurende sy middagslapie verras en vasgebind word.
Net soos die proteaplant kon hy verskillende gedaantes aanneem; dit het hom gehelp om te ontsnap. As hy wel gevang is, het hy uiteindelik in sy eie gedaante verander, die vrae beantwoord en teruggeglip in die see.
Die beroemde plantkundige, Linnaeus (gebore Carl von Linné, 1707-1778), het dié naam aan die protea gegee.
Dié interessante brokkie is gepubliseer in dr. Anton F Prinsloo se boek, Die aap in jou koffie (Afrikaanse eponieme van A tot Z).
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke