Woord: pynappel

Argieffoto (Foto: Security, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Security, Pixabay)

Woord:
pynappel

Betekenis:
tropiese vrug met ʼn growwe skil

Waar kom dit vandaan?
Kan iemand so onnosel wees dat hy nie die verskil tussen ʼn dennebol en ʼn pynappel ken nie?

Columbus was: toe hy in 1493 in Guadeloupe geland het, het hy pynappels teengekom waarvan die vorm hom aan ʼn dennebol herinner het en hy het die vrug toe so genoem, piña.

Eers later het die Spanjaarde die onderskeid tussen die piña van die sipres en dié een van Amerika (die pynappel) getref.

Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek: Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Paul ·

Wat hierby interessant sou gewees het om te noem is dat die Nederlanders steeds die woord “pynappel” gebruik om na ‘n dennebol te verwys, terwyl hulle (soos baie Europese lande) die woord “ananas” gebruik vir die vrug wat ons “pynappel” noem.

Chris ·

Ek sou dink pynappel sou so genoem wees as n persoon die vrug eet met sy skil. In elk geval die ou wyse mense het gese moenie n vy eet met sy skil. Dit veroorsaak sere om jou mond. Dit laat my dink aan n gesegde wat ek nog nooit kon begryp nie. ” Gaan in soos n piesang en kom uit soos…… Raai
…Ja n pynappel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.