Betekenis:
Reikhalsend bw. (deftig) Met intense begeerte of hunkering
Uit Ndl. reikhalzend (1748), van die ww. reikhalzen (1701) “vurig verlang na”, veral attr. gebruik. Ndl. reikhalzen is ‘n samestellende afleiding van reiken “reik” en hals “nek”. Die lett. bet. is “die nek uitstrek om nader aan iets te wees”. Wsk. het rekhalzen eerste ontstaan, ‘n samestellende afleiding van rekken “rek” en hals, lett. “die nek rek om nader aan iets te wees”. In die middel van die 18de eeu het rekhalzen in onbruik geraak, en reikhalzen het veral in die fig. bet. alg. geraak.
Bron: Woordeboek van die Afrikaanse Taal