Woord: rekord

Argieffoto (Foto: pexels, Pixabay)

Woord:
rekord

Betekenis:
onthou

Waar kom dit vandaan?
Die primitiefste manier om rekord van iets te hou, was om dit van buite te leer (of dit weer in jou hart te bêre). Die woord kom uit Latyn re- “weer” + cord “hart”. As dit belangrik genoeg was, is dit oorvertel om dit vir die nageslag te behou. Later is dit neergeskryf. Prestasies is ook so bewaar en vandaar dat ons ʼn rekord in byvoorbeeld atletiek verbeter – die permanente aantekening moet verander word.

Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek by Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.