Woord:
rinkink
Betekenis:
fuif, feesvier; baljaar, uitgelate wees
Waar kom dit vandaan?
Uit verouderde Ndl. rinkinken (1638 in bet. 1, 1697 in bet. 2). Ndl. rinkinken is ʼn klanknabootsende woord wat aanvanklik beteken het om ʼn harde geluid te maak soos wanneer glas of metaal aan iets raak, ʼn geluid wat dikw. by ʼn vrolike feesmaal veroorsaak word. Hieruit, by uitbreiding, ontwikkel die bet. “geraas of lawaai maak in die algemeen”. Van Dale (1999) gee nog slegs die bet. van glase wat rinkink.
Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)
- Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red