Woord:
robuus
Betekenis:
kragtig, sterk gebou
Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands robuust (1705).
Nederlands robuust uit Frans robuste uit Latyn robustus wat “eikehout” beteken en waaruit die betekenis “hard, sterk” ontwikkel, asook die byvoeglike naamwoord van robus “die rooi eik”.
Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)
- Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red