Woord:
roesemoes
Betekenis:
Deurmekaar spul, gegons van stemme, musiek, ens.: In die roesemoes op die partytjie het hy haar misverstaan.
Verwarring, warboel: ‘n Roesemoes wat ontstaan as daar nie sterk leiding is nie.
Ook:
Die geroesemoes van die moderne lewe is vir hom te veel.
Daar is altyd ‘n geroesemoes by die bure oorkant aan die gang.