Woord: roskam

Argieffoto (Foto: saralcassidy/Pixabay)

Woord:
roskam

Betekenis:
1 (veral t.o.v. perde) Afborsel en met ‘n ysterkam versorg: Die elande word elke dag geroskam en rondgelei (Landbouweekblad, 5 Oktober 1965, 25). ‘n String waens kom aan, getrek deur spanne geroskamde perde (M. Kuttel in B. Biermann: Rooiwyn, 1971, 154).
2 Streng teregwys: Iemand roskam oor sy gedrag.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands roskammen, ‘n samestelling van ros en kam, met ros wat “perd” beteken. Ros vir ʼn perd is verouderd in Afrikaans, maar ros kom nog voor in roskam en strydros.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.