Woord: salaris

Argieffoto (Foto: Kupiec7/Pixabay)

Woord:
salaris

Betekenis:
Betaling, gewoonlik ʼn vaste bedrag op ʼn maandelikse basis, vir diens wat ʼn werknemer gelewer het.

Waar kom dit vandaan?
Volgens oorlewering was sout so skaars in Italië dat dit as ruilmiddel gebruik is. Ons het daaruit die Afrikaanse uitdrukking “jou sout werd wees”, wat die Romeinse soldaat moes wees as hy betaal wou word. Salaris was dus eintlik soutgeld – maar die bronne verskil oor die skaarste daarvan. Sommige sê dat dit eers in die 12de eeu so skaars geword het toe dit as belasting ingestel is.

Dié woord is afkomstig van die Nederlandse salaris en die eerste optekening daarvan is in Die Bybel, waarna in 1622. Eerste optekening in Afrikaans in Patriotwoordeboek (1902).

Die Nederlandse salaris is afgelei van die Franse woord salaire, uit Latyn salarium wat “soutrantsoen, salaris” beteken. Gestandaardiseerde hoeveelhede sout word vandag nog as betaalmiddel in sommige dele van Afrika gebruik.

Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en ʼn Dief aan die kers – Skelm woorde deur die eeue

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.