Woord: schlep

verhuis-trek-bokse-oorlaai

(Argieffoto: pixabay)

Woord:
schlep

Betekenis:
Beslommernis, swarigheid of moeite waarteen ʼn mens opsien: Vir ʼn jong, avontuurlustige laaitie is dit ʼn schlep om ʼn valhelm op te sit, maar ouers moet hul kinders sover moontlik dwing om dit te doen (Beeld, 5 Sept. 2009, E).

Waar kom dit vandaan?
Uit Engels “schlep” (1964). Die Engelse “schlep” kom uit Jiddisj “schlep”, met laasgenoemde van die Jiddisje werkwoorde “shlepn” en “shlepen” vir “met groot moeite sleep, trek” uit Middelhoogduits “sleppen” wat “sleep” beteken.

Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.