Woord:
seëvier
Betekenis:
’n oorwinning behaal; triomfeer: Wellington het by Waterloo geseëvier. ♦ (ook figuurlik): jou standpunt laat seëvier • Uiteindelik sal geregtigheid seëvier.
Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands zegevieren (1767), ʼn samestelling van zege “oorwinning, triomf” en vieren “vier, fees hou”.