Woord: sikkepit

Argieffoto

Woord:
sikkepit

Betekenis:
heeltemal niks nie

Waar kom dit vandaan?
Die woord sikkepit kom uit Nederland. Voorbeelde van die gebruik daarvan is:
“Mense voel deesdae sikkepit vir die spoedgrense op ons paaie.”
“Dit kan my nie skeel wat hy doen nie. Ek voel sikkepit.”
ʼn Mens kan ook sê dat iets geen sikkepit werd is nie.

Sikkepit beteken “heeltemal niks nie”. As jy sikkepit vir iets voel, skeel dit jou min, steur jy jou nie daaraan nie. As iets sikkepit werd is, is dit niks werd nie: “Haar pa sê die ou met wie sy uitgaan is ʼn regte sikkepit.”

In Nederlands is sik ʼn bok, en die pit die bok se kuttel (mis). As jy geen sikkepit vir iets omgee nie, dan gee jy nie bokdr*lletjie daarvoor om nie.

Bron: Die tale wat ons praat – taaldinge uit die gewilde radioprogram
Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R230,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Daan Erasmus ·

Ek glo elke woord wat jul sê. Maar glo my, dit is die eerste keer in my baie meer as 50 jaar wat ek die woord hoor.

Johan ·

Dis baie oulik en ek het nou iets heeltemal nuuts geleer. Eerste keer dat ek die woord teekom.

Garath ·

Daar is ‘n ander Afrikaanse woord, wat parlementêre taal geword het wat ook heeltemal niks beteken nie. Hy sit nogal lekker op die tong.

Boet ·

Ek het langs die treinspoor groot geraak. Soms het daar n trein met net 2 trokke verby gekom…enjin en kondukteurwa. Wat die doel daarvan was weet ek nie. Dalk pos vervoer? Ons het van stikkiepit gepraat en wat die oorsprong van stikkiepit was weet ek nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.