Woord: sirkus

Argieffoto (Foto: makamuki0, Pixabay)

Woord:
sirkus

Betekenis:
groot, ronde tent waarin diere en mense vermaaklik optree

Waar kom dit vandaan?
As ʼn mens vandag soos ʼn antieke Griek na die sirkus kyk, sal jy aan die einde van die vertoning met dieselfde stywe nek as hy sit. Die Griekse kirkos “sirkel” was eintlik ʼn valk wat in sirkels gevlieg het (en waaruit waarsêers voorspellings gemaak het).

Sirkus beteken dus eintlik “kringvlug van ʼn valk”. ʼn Mens kan natuurlik die hele vertoning deur met jou nek gekrink na bo staar omdat jy net die sweefstokartieste wil sien.

Dié interessante brokkie is gepubliseer in dr. Anton F Prinsloo se boek, Die aap in jou koffie (Afrikaanse eponieme van A tot Z).
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.