Woord: sjampoe

sjampoeWoord:
sjampoe

Betekenis:
geurige seep vir harewas

Waar kom dit vandaan?
Die Anglo-Indiërs het die woord shampoo uit Hindi champo gekry, maar dit het niks met hare te make gehad nie. Dit het bloot “masseer” beteken. In dié proses is die spiere gedruk en geknie wat miskien tydens die harewasproses daaraan herinner het. Sjampoe was dus ‘n massering.

Dié interessante brokkie is in Anton F. Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die kers – skelm woorde deur die eeue gepubliseer.
Uitgewers: Pharos
Prys: R250-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.