Woord: skedonk

Argieffoto (Foto: Free-Photos, Pixabay)

Woord:
skedonk  (skedonke; skedonkie) (geselstaal)

Betekenis:
Afgeleefde of gehawende voertuig, dikwels ‘n ou motor, wat nie goed werk of betroubaar is nie: Freek se skedonk brul voort. Dis net wanneer Gustav hom met ‘n draai misgis dat die masjien onseker hoes (B.P.J. Erasmus: Nege Kerse, 2006, 353). Maak voor die fietstoer seker jou fiets is nie ‘n skedonk nie. Werk die remme? (Burger, 2 Maart 2009, Jip, 3).

Waar kom dit vandaan?
Waarskynlik deur klanknabootsing gevorm uit die geluid wat ‘n enjin maak as dit sukkel om te vat, of die geluid wat die bakwerk van ‘n ou motor maak wanneer daarmee gery word. Eerste optekening in Afrikaans in Die Huisgenoot (28 Mei 1954) (volgens WAT-argief).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.