Woord: skobbejak

Grafika: ElisaRiva, Pixabay

Woord:
skobbejak

Betekenis:
Skurk, of oneerbare, ongemanierde, niksbeduidende persoon: Hy is die wêreld se grootste Don Juan — en sy onbeskofste skobbejak (A.P. Brink: Pot-pourri, 1962, 12). Jy kry jou goeie ouens, jou wonderlike ouens, die donker, buierig introspektiewe ouens, die omstrede ouens, die skobbejakke (Beeld, 13 Desember 2001, 26).

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands schobbejak (1619), ‘n samestelling van schobben “krap, vryf ” en jak “kort baadjie”. Schobbejak ontstaan waarskynlik na aanleiding van hawelose mense wat luise of skilfers uit hulle klere geskud het en moes steel om kos in die hande te kry.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.