Woord: skote petoors

Argieffoto (Foto: Pexels/Pixabay)

Woord:
skote Petoors/skote petoors

Betekenis:
mooi so; knap gedaan!

Waar kom dit vandaan?
Waarskynlik na majoor Lood Pretorius wat in die Anglo-Boereoorlog met sy eerste kanonskoot die vyandelike magte getref het. Dit is ʼn uitroep waarmee waardering of bewondering vir ‘n prestasie van ‘n ander persoon uitgedruk word: Skote Petoors! Paspoorte binne dae gereed (Beeld, 15 Oktober 2011, 11). Skote petoors! Die vleis op my bord is voorwaar ‘n wonderlike prestasie – murgsagte saligheid (Die Burger, 5 Junie 2009, NJ, 6).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.