Woord:
skrander
Betekenis:
vlug/vinnig van verstand/begrip; slim; intelligent; skerpsinnig: Abdul is die skranderste kind in sy klas.
Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands schrander (1610 in die betekenis ‘skerp, bytend’, 1621 in die betekenis ‘slim, skerpsinnig’), ‘n afleiding met -er van schrand ‘suuragtig, wrang, skrander’, met laasgenoemde van die stam van Middelnederlands schrinden ‘splits, skeur’. Die betekenis ‘skerp, bytend’ nog gewestelik in Drente. Eerste optekening in Afrikaans in Patriotwoordeboek (1902).