Woord: slenter

gemaklik-lui-informeel

Argieffoto (Foto: Greyerbaby, Pixabay)

Woord:
slenter

Betekenis:
1 streek; skelmstreek; listigheid: met ʼn slenter uit die moeilikheid kom, allerlei slim slenters bedink om jou pligte te ontduik, sy ken al die slenters, jakkals se slenters
2 stadig en sonder doel rondloop; op jou gemak, lui/lusteloos rondstap: straataf slenter, hy slenter van die een kroeg na die ander, slenter-slenter deur die lewe

Vergelyk:
slentergang

Betekenis:
1 slenterende/trae/langsame gang Katrina gaan haar slentergang, verdien haar bitter brood (ID du Plessis)
2 sleur die ou slentergang wat die lewe so vervelig maak

OOK:
slenterbroek gemaklike informele broek: in ʼn T-hemp en slenterbroek vakansie hou
slenterdrag gemaklike, niedeftige klere; informele drag: in slenterdrag vakansie hou, slenterdrag hoef nie slordig te wees nie
(slentersjiek deftig informeel: ʼn slentersjiek hemp en langbroek)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae