Woord: smulbord

Foto ter illustrasie. (Foto: Maroela Media)

Woord:
smulbord

Betekenis:
In die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) word ʼn smulbord as ʼn “[g]roterige bord met ʼn verskeidenheid vingerhappies” beskryf. Dit word gewoonlik by sosiale geleenthede soos ʼn partytjie of feesviering voorgesit en die idee is dat so ʼn smulbord deur twee of meer mense gedeel word. Byvoorbeeld:

  • By die kuier het ons ʼn smulbord met olywe, kaas, biltong en ciabattas voorberei waaraan al ons vriende saam kon peusel.
  • Die restaurant se spesialiteit is hul smulborde wat ʼn mengsel van plaaslike en internasionale kaas en geprosesseerde vleissoorte bevat.
  • Toe ons by die funksie aankom, was daar ʼn smulbord in die middel van elke tafel wat gaste as voorgereg kon geniet.

Hierdie interessante brokkie verskyn in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT). Ondersteun gerus hul Borg ʼn Woord-projek.   

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.