Woord: snede

Argieffoto (Foto: 2Photo Pots/Unsplash)

Woord:
snede

Betekenis:
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) gee vier betekenisse vir die woord “snede”.

Dit kan ʼn gedeelte of uittreksel uit veral ʼn boek wees, of dit kan na die sykant van ʼn boek verwys wat teenoor die rugkant is en waarlangs die bladsye afgesny is.

  • Die leerders gebruik snedes uit mediaberigte om hulle argumente in redenaarstoesprake te ondersteun.
  • Snedes uit Elisabeth Eybers se gedigte ontroer my dikwels.
  • Die snedes van sommige antieke boeke wat met delikate patrone versier is, vang elke keer my oog.

ʼn Snede is ook die snykant van ʼn instrument of wapen.

  • Die smid het ʼn swaard met ʼn skerp snede gesmee wat in die lig blink.
  • ʼn Chirurg moet sorg dat sy skalpel ʼn vlymskerp snede het wanneer hy opereer.

In die digkuns verwys snede na elemente wat met die maat en ritme van verskuns verband hou.

  • In hierdie gedig val die snede op onverwagte plekke, wat die leeservaring boeiend maak.

Bronne: Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.