Woord: snoesel

Argieffoto (Foto: Kasman/Pixabay)

Woord:
snoesel

Betekenis:
1 Jou snoesig posisioneer: Ek snoesel my neus in haar hare tot sy glimlag (M. Cloete in Sarie, 24 Augustus 1988, 55). Hy snoesel dieper in die kussings en maak sy oë toe (A.P. Brink: Swerfling, 1966, 171).
2 Op ‘n liefkosende of sensuele manier aanraak of vashou: Soos by vroue, hou ‘n man ook daarvan om gesnoesel te word … en te hoor dat jy lief is vir hom (Sarie, 15 September 1993, 71). By die syvenster se toonbank snoesel ‘n paartjie liefkosend (F.Loots: Nagvoëls, 2001, 73).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.